
=====================================================================
Burgeroorlog in Afrikaanse geledere (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Burgeroorlog in Afrikaanse geledere

'n Burgeroorlog in Afrikaanse geledere gaan oor die voortbestaan van Afrikaans, s Hermann Giliomee.

Vir Afrikaners is 'n burgeroorlog kwalik iets nuuts. Dit is immers die hooftema van hul geskiedenis in die ou landjie die laaste 300 jaar.

Dink maar aan Hertzog versus Smuts, Smuts versus Malan, Botha versus Treurnicht, verkramp versus verlig, Boetman versus De Klerk.

Intussen was daar ook 'n burgeroorlog tussen wit en bruin Afrikaanssprekendes oor die vraag of hulle eintlik een groot familie is. Die taal 
is/was midde-in die stryd. Wit Afrikaanssprekendes was geneig om die taal as simbool van hul identiteit te sien. Vir bruin en swart 
Afrikaanssprekendes was die taal 'n gewone instrument.

Die oorgang in 1994 was enersyds die bevryding van die taal van ou apartheidstigmas wat deur 'n sekere soort handhawing van Afrikaans 
verwek is. Vir die eerste keer skryf politieke aktiviste soos Achmat Dangor nou weer in hul moedertaal.

Terselfdertyd egter was dit gou duidelik dat die nuwe bedeling dit uiters moeilik sal maak vir 'n taal soos Afrikaans om op die langer duur 
te oorleef as 'n taal wat 'n wye reeks van openbare funksies verrig.

Die aanslae het uit alle oorde gekom:

* Van die internet (alhoewel LitNet se verstommende sukses wys dat Afrikaans ook die taal van die internet kan wees).
* Van die Regering en groot maatskappye, wat al hoe meer net in een taal wil kommunikeer, hoewel meningsopnames (veral die MarkData-opname 
van September 2000) aantoon dat veel minder as 'n derde van alle Suid-Afrikaners verkies dat die Regering met hulle in Engels kommunikeer 
en dat slegs 'n vyfde aandui dat hulle sonder enige voorbehoude Engelse kommunikasie verstaan.
* Van 'n onderwysbeleid wat oorweldigend net in Engels onderrig gee, hoewel slegs 13 persent van alle Suid-Afrikaners dit s verkies.

Sommige van die ontwikkelings het die burgeroorlog in Afrikaanse geledere weerspiel.

* Verskeie Afrikaanse rektore was meer bekommerd oor die oorlewing van hul instellings as oor Afrikaans, en glo werklik dat Afrikaans in 
alle tersire instellings in die vrye mark moet kompeteer.
* Oud-Broederbondlede voer nou skielik aan dat universiteite nie die funksie het om hulle oor hul historiese voertaal te bekommer nie.
* 'n Organisasie soos die Afrikaanse Handelsinstituut verklaar dat dit geen besondere funksie meer het om Afrikaans te bevorder nie.
* Histories Afrikaanse groot maatskappye glo blykbaar nie meer dat maatskappye klintvoorkeure eerste moet stel nie.


Tans is in die burgeroorlog in Afrikaanse geledere oor taal aan die een kant die mense wat 'n vrye taalmark verlang. Hulle glo dat 
Afrikaans geen politieke beskerming moet geniet nie en dat sy lot van die mark afhang. As hy faal, verdien hy om onder te gaan. Ewe 
blymoedig voeg hulle by dat die stand van die Afrikaanse pers en taalfeeste toon dat Afrikaans gedy.

Aan die ander kant is daar diegene wat aandring op strukturele beskerming. Hulle wys daarop dat geen kleiner taal kan oorleef as openbare 
taal as dit nie 'n nuttigheidswaarde in die openbare sfeer het nie. Ook dat geen kleiner taal deesdae sal oorleef as die owerheid nie 
bepaalde maatrels tref wat, soos die Kanadese filosoof Charles Taylor dit stel, sal verseker dat die taal van een geslag na die volgende 
oorgedra word nie.

Dit beteken dat gesorg moet word dat die taal as onderrigmedium nie deur 'n dominante taal verswelg word nie en dat daar ook van 
regeringswe sekere openbare funksies aan die taal toegewys word.

Selfs vir Frans in Kanada is daar sulke maatrels. In Europa is Engels toenemend die taal van interstaatlike kommunikasie, maar soos die 
taalsosioloog David Laitin aandui, is die patroon oral dat kleiner tale nasionaal en op streekvlak statutr beskerm word.

Dit was in hierdie omstandighede dat 'n klompie wit Afrikaanssprekendes 'n ope brief aan pres. Thabo Mbeki onderteken het waarin 'n 
pleidooi gelewer is vir minderheidsregte. Ek het dit ook onderteken, omdat ek met die algemene strekking saamstem, maar miskien is daar, in 
retrospeksie, te veel gevra. Minderheidsregte sluit selde die reg in dat 'n minderheid verskanste deelname in die besluitnemingstelsel het 
of deel van die belastinggeld kry.

Wat ons in hierdie land nodig het, is taalwetgewing wat taalgemeenskappe gerusstel. Die Grondwet is so opgestel dat die Regering n 1994 
die verpligting gehad het om so gou moontlik taalwetgewing aangeneem te kry. In so 'n talewet moet in fyner detail instruksies gegee word 
hoe die regeringsliggame die kriteria moet toepas wat in die Grondwet uitgestippel word.

Die Regering het in die geval van die arbeid en regstellende aksie sulke wette met bekwame spoed aangeneem, maar taalwetgewing het agterwe 
gebly. Die rede is voor die hand liggend. Sonder wetgewing neem Engels hand oor hand toe, word Afrikaans sekere openbare funksies ontneem, 
en verdwyn elke kans dat die ander dominante tale ooit werklik hor funksies sal ontwikkel.

Indien daar oorweldigende swart steun van swart mense vir so 'n beleid was, sou 'n mens dit nog kon verstaan, indien nie steun nie. Die 
MarkData-opname van September 2000 dui egter aan dat daar by swartes geen meerderheidsteun is vir die ontwikkeling van 'n enkele taal 
(Engels) tot lingua franca nie.

Ook is dit nie so dat mense uit ander taalgroepe hulle vir die aandrang op Afrikaans vervies nie. Minder as een derde swartes (en slegs 18 
persent van die Engelssprekendes) voel dat Afrikaans onbehoorlik op voorregte aandring.

Dit is ook nie waar dat Afrikaners net met Afrikaans behep is nie. Die MarkData-opname toon dat 'n goeie 70 persent van Afrikaners 
(vergeleke met 61 persent van alle Suid-Afrikaners) verlang dat alle tale bygestaan word om net so belangrik as die dominante tale te word.

In 'n belangwekkende rubriek in Beeld van 2 Augustus 2000 vra die rubriekskrywer Henry Jeffreys of daar 'n einde aan die burgeroorlog in 
Afrikaanse geledere kan kom. Hy wil weet of Afrikaans as gemene deler ontgin kan word tussen mense wat Afrikaans graag as instrument wil 
gebruik (maar geen addisionele wetlike beskerming vra nie) en die minderheidsgroepmense wat wel daarop aandring.

Ek dink die antwoord op die vraag of daar so 'n losse koalisie kan kom, is ja en nee. Deels ja, want daar is baie te s daarvoor dat 'n 
stewige proporsie mense vrywillig verkies om Afrikaans te praat en te skryf, maar hulle gee geen snars om of dit in sy huidige vorm gaan 
voortbestaan en steur hulle aan geen taalrels nie.

Aan die ander kant is die antwoord ook "nee". Die grootste bedreiging vir Afrikaans is diegene wat meen die taal is so sterk dat hy in 'n 
vrye mark met Engels kan kompeteer. Vat byvoorbeeld taal as onderrigmedium. Soos die Fransman J. A. Laponce dit in sy Language and 
Territories stel: In lande met 'n universele taal is parallelmediumonderrig net 'n tussenstadium voor die verdwyning van die kleiner taal. 
Dit is wat met Afrikaans gaan gebeur as daar nie statutre maatrels getref word om Afrikaans ten minste op voorgraadse vlak by ten minste 
twee universiteite te beskerm nie. Dieselfde geld vir onderwys op ander vlakke.

In 'n belangrike mate hang die toekoms van Afrikaans van die uitslag van die burgeroorlog in eie geledere af. So lank daar Afrikaanse mense 
is wat dit verkondig dat Afrikaans (anders as ander klein tale in ander wrelddele) op die vrye mark met Engels kan meeding, of vir lief 
moet neem om net private funksies te verrig, sal die Regering en groot sakeondernemings voortgaan om die doel van Engels as lingua franca 
na te streef, al weet ons nou dat die groot meerderheid Suid-Afrikaners geen erg aan so 'n beleid het nie.

Dit is werklik net die wit en swart elite in ons samelewing wat hulle dit veroorloof om speletjies te speel met die toekoms van die land se 
nie-dominante tale, waaronder ook Afrikaans is, en die ontwikkeling en lewenskanse van die mense wat hulle praat. Prof. dr. Hermann 
Giliomee is historikus en politieke ontleder van Stellenbosch.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7414.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

